16:00 Skatkis (VIA): Ons trio van oudhede-kenners ontmoet ons Katherine Love, wat soos 'n Victoriaanse vrou lewe. Hulle bekyk ook porselein en kuier by Marquerite Gotthard se kantmuseum.

16:30 Erfkos (VIA): Die aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Sjef Jermaine Smith maak 'n Malayse roti's met gevulde lamskerrie vir die kleinspan.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël het grootgeword met die woord 'foefertjies.' Dit is gebruik om klein of fyn eetgoed te beskryf. Ongelukkig bestaan die meeste foefertjies uit deeg. Nataniël probeer 'n gesonder oplossing vind.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of ons bruidspaar se troudagdrome waar word. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Suidooster (kykNET): Tim het Chris se advies nodig oor iets belangrik. Die Octobers probeer herstel na die traumatiese gebeure in hul huis. Nicole is steeds ongemaklik met Shahieda en Rhafiek se vriendskap.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): As jy wil trou moet jy eers ’n paar sakke sout saam opeet, maar wat gemaak as jy jou hoofstrooimeisie moet kies? Ons bruid moet vandag die kaf van die koring skei om haar beste strooimeisie aan te wys.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Koekie en Festus skerm hulle leuens by Fafa. Renate en Sasha maak seker almal weet van die SportIkon uitsending en Reitz is gretig om weer op die veld te kom. Tommie worstel met 'n konsep vir sy volgende video.

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone en Gita kom nie oor die weg nie. Tarryn sit haar voet neer. Marko is onder die verkeerde indruk.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tertius het raad vir Herman, terwyl Ilse en Jan 'n meningsverskil het. Steve wonder of Ivanka koue voete kry, terwyl Herman nuwe hoop kry met Annelize. Ivanka kry nog slegte nuus en Eben deel sy sluwe plan met Annelize.

20:00 Fluiters (kykNET): David verdink vir Rudi en Sandy daarvan dat hul vir FluiterSA verraai het. 'n Groot konfrontasie volg en erge spanning ontstaan tussen Sandy en Dirk. Frik roep weer Rot se hulp in en David kommunikeer steeds met Leonardo.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha ondersoek weekliks aktuele kwessies in die sakewêreld en fokus op entrepreneurs, ondernemings en tegnologie.