16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Die einde an die 10-week uitdaging het aangebreek en ons kyk terug na die pad wat die vier paartjies gestap het voor ons seisoen een se wenpaar aankondig.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Al is sy 'n aktrise en gereeld in die openbare oog voel Adri sy't hulp nodig met haar klerekas en stilering. Beeldpoetser en stilis Aletté-Johanni Winckler staan reg om Adri te help om weer fantasties te lyk en voel.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:00 Mooi van binne (VIA): ’n Fotografie-realiteitsprogram waar ons deelnemers vra of hulle dink hulle mooi genoeg is vir die voorblad van ’n tydskrif. Bianca Steyn word verras deur ons span met haar drie pragfoto’s.

17:30 Roer! (kykNET): Hy's skaars 27, maar Albert de Wet spog reeds met vier baie suksesvolle albums. As hy so kreatief is met sy kos as sy woorde, gaan ons smulkos eet.

18:00 Zavion (VIA): Zavion oefen vir oulaas hoogspring saam met Oom Owen, voordat hy op vakansie vertrek. Die ZKEC-span hou hul jaareindfunksie en vier ’n baie suksesvolle trou-seisoen. John en Zavion beplan hul oorsese reis na Zavion se broer in Amerika, maar daar wag daar nog twee troues, voordat hulle kan stoom afblaas.

18:00 Mom (M-Net): Christy se verhouding met Fred floreer, maar Candace sukkel om dit te hanteer.

18:00 Suidooster (kykNET): Mrs J kry haar toetsuitslae terug van die huisdokter. Nicole vat haar ma aan oor hoe sy Tim behandel. Chris kry onstellende nuus oor sy vrou, Rita.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Neels plaas druk op Lida om so gou moontlik te trou. Carina praat met Wouter oor die insident tussen hom en Eben, en Wouter konfronteer vir Eben. Liam moedig vir Saskia aan om haar verhouding met Stef te versterk.

18:30 7de Laan (SABC2): Xander voel hulpeloos. Hilda en Oubaas is besig met die voorbereiding vir hulle wittebrood. Felicity vertrou nie vir Ty nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Dit is duidelik dat daar gepraat moet word oor wat die vorige aand in die Jonkers se woonstel gebeur het. Jana het liefdesraad vir Karli en At, en Ivanka word onkant betrap deur iemand se gedrag.

20:00 Megaboere (kykNET): Ralph Swart se familie boer al lank op grond by Elim. Ralph was in 2014 Landbouskrywers Suid-Afrika se Nuwe Toetreder tot Kommersiële Landbou en in Graan SA se ontwikkelingsprogram as Kommersiële Boer van die Jaar.

20:00 The Mentalist (SABC 3): Jane laat Erica Flynn uit die tronk vrygelaat word.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:10 The X-Files (FOX): Dertien jaar nadat die oorspronklike reeks begin het, is die volgende hoofstuk ‘n reeks met ses episodes waarin David Duchovny en Gillian Anderson speel.

20:30 Die Boekklub (kykNET): In 'n enkele dag word drie van die boekklublede gekonfronteer met hul eie lewens en soms pynlike waarhede. Soos almal van ons wens hulle, hulle kan partykeer die toekoms in sien.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): 'n Sluipmoordenaar keer terug om die geheime organisasie wat haar opgelei het, te vernietig.

21:00 Billions (M-Net Edge): Axe verdwyn van die firma en los Wags en Wendy om orde te handhaaf.

22:00 Winslyn (kykNET): Ons kyk na die toename in fiksheidstoepassings en meer spesifiek na Endomondo. HealthQ wys ons hoe hulle vaardighede en tegnologie kombineer vir oplossings in die mediese- en gesondheidsvelde.