Die beste vermaak op die kassie vanaand.

18:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden en Alan gaan New York toe om Kate te sien sodat Walden sy ware identiteit kan bekendmaak.

18:25 That 70’s Show (Comedy Central): Dis Dankseggingsdag en almal sit aan die tafel, insluitende Kitty se ouers. Eric reken dis die perfekte tyd om sy en Donna se verlowing aan te kondig.

19:00 How to Lose a Guy in 10 Days (M-Net Movie Comedy): ’n Tydskrifjoernalis moet ’n eerstehandse weergawe skryf van hoe om ’n kêrel in 10 dae af te sit. Maar die slagoffer het ’n weddenskap met sy vriende aangegaan: om ’n meisie in 10 dae op hom verlief te maak. Met Matthew McConaughey en Kate Hudson.

19:30 Friends (Sony): Phoebe kom af op ’n polisiewapen en gebruik dit om goeie dade te doen. Joey is bang hy is verlief op Monica.

20:00 Donkerland (kykNET): Die winde draai weer, dié keer Grens toe, na Angola. Dis 1976 en Donkerland se toekoms, Johan, veg vir die land.

20:30 Hot in Cleveland (SABC3): Melanie hou ’n partytjie en skep die verkeerde indruk by een van haar bure.

21:30 Desperate Housewives (SABC3): Gaby pers Carlos se baas af sodat hy ’n groot bonus ontvang. Lynette sê vir Tom hulle moet die pizzeria verkoop. Dave begin vrees die bure weet van sy gekonkel.

22:00 Weeds (M-Net): Seisoen 8 begin. Shane sit die skieter agterna, terwyl die res met die skietslagoffer hospitaal toe jaag.

Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die korrektheid van die verskafte inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul diskresie aan.