16:00 Skatkis (VIA): In vandag se episode van Skatkis gesels ons oor kuns en ons ontmoet versamelaar en handelaar, Dawid Ras.

16:30 Erfkos (VIA): Hierdie splinternuwe reeks begin vandag. Aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Met behulp van drie jongelinge besluit hulle of ‘n klassieke resep ook plek het op ons moderne tafels. Willie Strauss maak vandag sy ouma se bobotie.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Ilse Kook (kykNET): Hierdie splinternuwe reeks begin vandag. Internasionale model Ilse Fourie neem ons op 'n kosavontuur en kook haar gunstelinge: gesmoorde nartjie-eend, geroosterde soetpatats met steranys, kokosneutmelksop met sitrusolie, pomeloskemerkelkie en stroopkoek.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. Shan en sy bruid Esti se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Mom (M-Net): Christy, Jill en Wendy stem in om Bonnie te probeer help 'n onwettige middel oor die Kanadese grens te smokkel.

18:00 Suidooster (kykNET): Jerome en Rhafiek word vermis. Wanneer hulle terugkom, vang die rede vir hulle verdwyning almal onkant. Chris en Tim probeer aanpas met Rita terug in die huis en Ian maak 'n paar benoude spronge sodat hy sy planne kan uitvoer.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): As jy wil trou moet jy eers ’n paar sakke sout saam opeet, maar wat gemaak as jy jou hoofstrooimeisie moet kies? Ons bruid Ina en haar skoonma moet vandag die kaf van die koring skei om haar beste strooimeisie aan te wys.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz hou vol dat die troue gekanselleer is, so Lida maak planne om vir 'n ruk weg te gaan. Petrus probeer Saskia beskerm, maar besef hy het sy kop in 'n bynes gesteek. Wouter gee nie moed op met Carina nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Hoe gaan Pulane reageer as sy hoor Sifiso het reeds aanbeweeg? André berei Hilda voor op wat kom.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Besorgde Ilse loer in by die meisies, en At rig 'n versoek aan Steve oor 'n pasiënt. Annalize vra baie ongemaklike vrae en die spanbou-funksie kry momentum. Herman is bekommerd oor Ongevalle.

20:00 Megaboere (kykNET): Barries Snijman van die plaas Vleikuil naby Rietbron in Graaf-Reinet is die top opkomende jongboer van die sybokhaarbedryf. Snijman boer met 10 000 bokke, 1 000 skape en Bonsmara-beeste, en die Angorabok vir sybokhaarproduksie.

20:10 Criminal Minds (FOX): ‘n Span analiseer en ondersoek van Amerika se moeilikste kriminele en probeer hulle volgende misdaad voor te spring.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Dis 'n moeilike tyd in die dorp. Anna sukkel om vrede te maak met haar nuwe hart. Stef en Herman se verhouding is uit balans en dinge wil maar net nie vlot verloop vir Johan en Hanli nie.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): ‘n Sluipmoordenaar keer terug om die geheime organisasie wat haar opgelei het, te vernietig.

22:00 Winslyn (kykNET): Ian Fuhr gesels oor Sorbet se internasionale uitbreiding en ons loer in by Jaco Gerrits in Londen by die Chivas Regal: The Venture kompetisie. Ons maak ook 'n draai by die Rose en Bos boetiek parfumerie in die Kaap.