Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week vyf van die 10-week uitdaging. Die paartjies doen inkopies saam met Lara en besef hoeveel versteekte suiker daar in alledaagse produkte is. Dr Wian lig die gemoed met 'n kuier by die Leafy Greens Café.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Ons kuier in Elgin by 'n unieke beesplaas en braai 'n luukse Waygu steak. Ons besoek 'n organiese vark plaas en wys jou hoe om jaffels op die vuur te maak. Ons braai in Grabouw en leer oor die miete van Grabouw boerewors.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 About a Boy (M-Net): Hierdie komedie is gebasseer op die gelyknamige boek. Will Freeman se lewe verander heeltemal toe 'n enkelma en haar 11-jarige seun langs hom intrek.

18:00 Zavion (VIA): Zavion moet leer om te delegeer en sommige van sy onderneming se verantwoordelikhede aan Kim en Lauren oor te laat sodat meer tyd het vir oefen. Tussen die atletiekbaan en die gimnasium pas hy ook ’n troue by ’n ander venue in.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:00 Suidooster (kykNET): Die spanning tussen Mymoena en haar seun bereik breekpunt. Bridgette word agterdogtig oor Ian se planne vir die sentrum. Ian en Chris se gekonkel loop skeef en dis so amper of Jerome se pa vind van sy liegstories uit.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Die jongmense staan saam om Marius deur 'n baie moeilike tyd te dra. Vicky ontdek iets in Liam se kantoor wat dalk groot gevolge kan hê. Kotie se onsekerhede noop haar om dom dinge te doen.

18:30 7de Laan (SABC2): Pulane sukkel om haar emosies te beheer. Aggie is besorg oor Paula. Oubaas bevind homself in 'n ongemaklike posisie.

19:30 Binnelanders (kykNET): At is nie beïndruk met 'n besluit wat in sy kantoor geneem word nie en Okkie ondersteun Morné se besluit. Ivanka gee Steve gemoedsrus, terwyl Herman nie in sy skik is met Bart nie. Tertius maak sy hart oop teenoor Pippa.

19:30 Chicago Med (M-Net): Dié Chicago-fire-splinterreeks, wat in 'n hospitaal afspeel, deel karakters met Chicago PD sowel as Chicago Fire. In vanaand se episode hou Sandra die pers weg terwyl die dokters slagoffers van 'n skietery by 'n fliekteater behandel.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Nantes is 'n stad met vele mallemeules en kunsprojekte wat kinders betower. Nataniël is peetpa van sy broer se twee dogters. Hy en Erik berei kleurvolle geregte wat geen kind of grootmens sal kan weerstaan nie.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode word Allison ondervra en Carrie en Astrid soek na Quinn.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Dit is 1939. Oorlog het uitgebreek in Europa en beïnvloed elk van die bloedbroers en hul gesinne op 'n unieke manier.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:30 Chicago PD (M-Net): In vanaand se episode ondersoek die span 'n spul skermutselinge.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.