Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week sewe van die 10-week gewigverloor-uitdaging. Lara wys vir Elsie ‘n nuwe manier om noedels te maak. Dis die manne se beurt om aandete voor te berei en dan durf ons spanne ‘n moeilike oefensessie aan.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Mariëtte is 'n verpleegkundige met geen tyd vir haarself nie. Beeldpoetser en stilis Aletté-Johanni Winckler staan reg om Mariëtte te help om weer fantasties te lyk en voel.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Roer! (kykNET): Elvis Blue is 'n Idol om op trots te wees en hy en sy vrou, Chireze, sit die kombuis behoorlik ore aan. Sielskos met 'n verskil.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 Mom (M-Net): Christie en Bonnie probeer ondersteunend wees toe Regina 'n ongemaklike aankondiging maak.

18:00 Zavion (VIA): Flambojante feeste via ’n Olimpiese spiertier. Zavion vrek oor goud: of dit nou as glansfunksie-koördineerder of tienkamp-atleet is. Die kameras probeer byhou terwyl hy sy besige dagboek tussen troues en tienkamp balanseer.

18:00 Suidooster (kykNET): Ian gee vir Chris goeie nuus oor hulle planne met die sentrum. Bridgette is onseker of sy weer by Suidooster Eiendomme moet gaan werk. Rhafiek probeer sy pa ompraat om Mymoena te ondersteun.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam probeer om vir Saskia te oortuig van sy nuwe meesterplan. Stef en Vicky is onseker oor wat die volgende stap is met mekaar, en Stef kry advies by 'n onverwagte nuwe vriend. Lida het 'n keerpunt bereik.

18:30 7de Laan (SABC2): Errol vermoed iets broei tussen Xander en Natalie.

19:30 Binnelanders (kykNET): Die 'nuwe' Rian is nie 'n aangename persoon nie. Mia voel verlore, terwyl daar heeltemal van Nina vergeet word. At wil dringend vir Herman sien. 'n Dagvaardiging is die laaste ding wat 'n dokter verwag.

19:30 Chicago Med (M-Net): Die spanne van Chicago Med, Chicago Fire en die Chicago-PD werk saam in die oorkruisepisode wanneer dit lyk of 'n pasiënt deur 'n dokter vergiftig is.

20:00 Megaboere (kykNET): Die Cillié-familie boer al vir langer as 'n eeu in die Ceres-vallei. Deesdae woeker hulle met vrugte, groente, uieplante en saad, asook 'n Dohne-merino skaapstoet op Laastedrif en Elandsbaai in die Weskus.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Tom Niemandt ontvang 'n onverwagse oproep wat hom lei na die Karoo. Terwyl hy probeer sin maak van die dorpie ontmoet hy 'n groep mense wat sy lewe onherroeplik verander.

21:00 Nikita (SABC3): Alex, Ryan en Nikita is op pad Kosovo toe vir 'n gevaarlike nuwe sending

21:30 Murder in the First (M-Net): Die speurders Hildy en Terry se saak is oor 'n tegniese punt gesluit.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.