16:00 Skatkis (VIA): Die antieke liefhebbers Hendrien Martins, Riaan Bolt en Sonia Scholtz gesels met oudhede-kenners en verwonder hulle aan spesiale items uit ’n vergange era.

16:30 Erfkos (VIA): Aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Met behulp van drie jongelinge besluit hulle of ‘n klassieke resep ook plek het op ons moderne tafels.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Nataniël is in vervoering oor herehuise, wit handskoene, grondbaronne en koetse. Hy berei geregte vir 'n hedendaagse adelike huishouding.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. Shan en sy bruid Esti se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Suidooster (kykNET): Chris en Tim probeer seker maak Rita drink haar medisyne, maar sy bedink nuwe leuens om dit te vermy. Rhafiek sukkel om sy gevoelens vir Nicole in toom te hou, terwyl dit lyk of haar en Tim se verhouding onder die druk kan knak.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): Die bruid se voorloper via ‘n hartlike henpartyjie. ’n Amper-bruid se drie vriendinne moet dit uitspook om as haar strooimeisie gekroon te word.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Die dag van Jade se voorlegging is hier en die spanning in die Cloete-huishouding loop hoog. Iva en Schalk berei voor vir 'n naweek weg, maar dan gebeur iets wat hulle lewe onherroepelik verander.

18:30 7de Laan (SABC2): Hoe gaan Ty uit die situasie kom? Vanessa en Aggie deel 'n diep gesprek. Diederik en Kim geniet mekaar se geselskap.

19:30 Binnelanders (kykNET): Annelize trek Okkie se siel uit, terwyl Okkie agterkom iets is fout met Morné. 'n Belangrike raadsvergadering word belê en Adelyn konfronteer vir Naomi. Ilse deel haar bekommernisse met Ivanka en Okkie.

20:00 Fluiters (kykNET): Sandy Roos, haar verloofde Roedolf 'Rudi' du Preez, David Peterson, Dirk Els en Nicci September is vennote en vriende by die Johannesburgse IT-maatskappy Mzanzi Digital Strategies (Pty) Ltd.

22:00 Winslyn (kykNET): Matthew Lester gesels oor die implikasies en intriges van aflandige bates en Clive Bitkow van Grotech vertel meer van ontwrigtende tegnologie. Ons maak 'n draai by Cape Brewing Company en gesels met Wolfgang Koedel.