Dit is vanaand op die kassie:

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Dis weer tyd vir Jan Braai se jaarlikse braaivakansie in Ierland. Hy braai saam met CJ Stander en BJ Botha in Limeric, verower 'n viking kasteel, leer hoe om whiskey te maak en braai Ierse streaks in Dingle se hawe.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 About a Boy (M-Net): Hierdie komedie is gebasseer op die gelyknamige boek. Will Freeman se lewe verander heeltemal toe 'n enkelma en haar 11-jarige seun langs hom intrek.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Marius besef vir hom en Liam kom D-dag al hoe nader en probeer van Carina afskeid neem. Beulah onthul die eintlike rede hoekom sy by die Villa is. Sy wil vlug, maar waarvan?

18:30 7de Laan (SABC2): Matrone kry 'n belangrike oproep van haar dokter. En 'n energieke nuwe intrekker maak sy opwagting in die Heights.

19:30 Binnelanders (kykNET): At vra Steve oor Ivanka, maar is nie tevrede met die antwoord nie. Okkie en Ilse deel 'n sentimentele oomblik, Tim vra Lexi uit oor haar ouers se verhouding, en Bronwyn se agterdogtige houding het gevolge vir Steve.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): Die broers koop meubels vir die eetkamer en besoek 'n tipiese kaaswinkel in die middestad van Nantes. Hulle gebruik kaas in geregte wat wissel van tradisionele streekskos tot splinternuwe eie skeppings.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode help Quinn om Carrie se identiteit te beskerm. Carrie roep ook die hulp van 'n oudkollega in.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Die groot mynstaking het begin. Willem en Soekie se verhouding ontwikkel vinnig te midde van sy verantwoordelikhede by Republikeinse Leër. Na Bennie se pa onskuldig doodgeslaan word, besluit Bennie om aksie te neem.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:20 The Kennedys (History): 'n Biografiese minireeks oor die lewe van JFK.

21:30 Chicago PD (M-Net): Lindsay baklei teen die drankduiwel, en 'n heroienbaas ontvoer 'n speurder.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.