16:00 Skatkis (VIA): Ons trio van oudhede-kenners praat oor oorlogstukke en Dirk Lotriet pronk met sy porseleinversameling.

16:30 Erfkos (VIA): Die aanbieder Philicity Reeken kyk of sjefs se familie-resepte steeds relevant is. Sjef Gerhard Koekemoer maak vandag sy gebakte vleisbolletjies met gebraaide pap vir die paneel junior fynproewers.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Die Nataniël Tafel (kykNET): Geregte uit die Ooste is dikwels visueel treffend, maar smaakloos of vreemd vir die Westerse pallet. Daar is wel internasionale treffers soos sushi.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of Truda en Werner se troudagdrome waar word. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Suidooster (kykNET): Stefan probeer hard om dinge by die huis vir sy familie op te beur. Carmen se skatkis arriveer uiteindelik en iets wat sy daarin kry, maak haar hartseer. 'n Gyselaarsdrama speel af in die Octobers se sitkamer.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): As jy wil trou moet jy eers ’n paar sakke sout saam opeet, maar wat gemaak as jy jou hoofstrooimeisie moet kies? Ons bruid moet vandag die kaf van die koring skei om haar beste strooimeisie aan te wys.

18:30 Getroud Met Rugby: Die Sepie (kykNET): Denver en Jade probeer steeds die Lagos-situasie oplos. Lorette sit haar poging voort om Chrissie van feminisme te leer en Reitz tel 'n probleem op tydens 'n oefensessie. Maryke nader Fafa vir raad oor haar toekomsplanne.

18:30 7de Laan (SABC2): Kim is nogsteeds opsoek na haar sielsgenoot. Oubaas is nie bewus van Hilda se geheime nie.

19:30 Binnelanders (kykNET): 'n Facebook-blad is 'n rede tot kommer en Eben wil meer uitvind omtrent Steve. Herman konfronteer Annelize, terwyl Liezl sprakeloos gelaat word deur Morné se optrede. Steve slaan Ivanka se voete onder haar uit.

20:00 Fluiters (kykNET): Sandy vind uit dat nog inligting deur die webwerf gelek is. Ahmed en Jerome besluit dat die Fluiters stilgemaak moet word. Almal krap kop oor wie die persoon is wat die Fluiters van inligting verskaf.

22:00 Winslyn (kykNET): Ons kyk na onverskillige kredietverlening en vind meer uit oor 'n gelukkige groep tech-trepreneurs se reisgeleentheid na Silicon Valley. In Getik kyk ons na aanlyn-inkopies en ons kameras gaan loer in by SteadiDrone in Knysna.