16:00 Skatkis (VIA): Versamelaars deel die stories van hul mees kosbare skatte met Hendrien, Sonia en Riaan. Musiekinstrumenste is op die agenda. Ons ontmoet ook vir oom Dries, een van die versamelaars wat sy besittings met ons deel.

16:30 Hou op Wegsteek (VIA): Nicole se lyf het verander nadat sy haar baba gehad het en sy sukkel nou om iets te kry wat haar goed laat lyk én voel. Beeldpoetser en stilis Aletté-Johanni Winckler staan reg om te help.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het. Hierdie program gaan nie vanaand uitgesaai word nie as gevolg van die krieket.

17:30 Marita Kook Frans (kykNET): Marita van der Vyver is die gasvrou en aanbieder van die reeks waar ons Suid-Afrikaners gaan besoek wat in die suide van Frankryk woon en werk.

18:00 Pasgetroud (VIA): Kom hou saam bruilof en kyk saam of die bruidspaar se troudagdrome waar word. Superrugby-haker Sydney Tobias en sy bruid Callan Smith se groot dag is hier. Daar is spanning en drama, maar die liefde word in oordaad gevier.

18:00 Mom (M-Net): Christy probeer 'n aantreklike man help, maar dinge raak gou ingewikkeld.

18:00 Suidooster (kykNET): Tim is bekommerd omdat sy pa nou minder geld verdien en Nicole smeek haar ma om vir Tim nog 'n kans te gee. Rhafiek probeer weer met sy ouers praat en Michelle is vasberade om haar babanuus nog 'n rukkie langer geheim te hou.

18:30 Wie is my strooimeisie? (VIA): Al drie Tanya se strooimeisies wil graag as hoofstrooimeisie bekroon word. Haar sussie, Cecilya glo waar bloed nie kan loop nie, daar kruip dit, maar Anneri dink sy verdien die titel aangesien sy Tanya se beste vriendin is.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Stef verlos homself van 'n swaar las. Celine en Cardo sukkel om gewoond te raak aan hulle nuwe omstandighede en Liam raak gevaarlik wanneer Marius weer betrokke raak met Carina se sake. Saskia speel speletjies met Liam.

18:30 7de Laan (SABC2): Vince besef Bonita steek iets vir hom weg. Is daar liefde vir Matrone in die toekoms? Bernard is bekommerd oor sy toekoms.

19:30 Binnelanders (kykNET): Karli hoor die meisies is opsoek na 'n nuwe huismaat en Gustav verloor sy humeur oor sy omstandighede by die werk. Annelize se kop is nie meer by Proxmed nie en At is agterdogtig oor Rossouw.

20:00 Megaboere (kykNET): Number Two Piggeries, met David Osborne aan stuur, verskaf werksgeleenthede aan meer as 'n duisend mense, insluitend 60 bestuurders. David besit varkplase regoor Suid-Afrika asook Namibië met 'n totaal van 20 000 teelsôe.

20:00 The Mentalist (SABC 3): ‘n Onafhanklike konsultant in Kalifornië los ernstige misdade op deur sy skerp observasie-vaardigheid.

20:00 The Player (M-Net Edge): Wesley Snipes speel in hierdie aksiebelaaide reeks waarin ryk individue op misdade bie.

20:10 Criminal Minds (FOX): 'n Span analiseer en ondersoek van Amerika se moeilikste kriminele en probeer hulle volgende misdaad voor te spring.

20:30 Die Boekklub (kykNET): Anna word al meer bewus van haar naderende dood. Salig onbewus van haar krisis gaan die lewe vir almal voort en Tom, Herman en Gert besluit om die reg in hul eie hande te neem.

20:30 Better Call Saul (M-Net City): Die lewe van Breaking Bad se oneerlike prokureur Saul ses jaar voordat hy vir Walt ontmoet.

21:00 Nikita (SABC3): ‘n Sluipmoordenaar keer terug om die geheime organisasie wat haar opgelei het, te vernietig.

22:00 Winslyn (kykNET): Prof Matthew Lester en Dr Johannes Jordaan kom deel hul insae oor die 2016 begroting en graderingsprosesse en ons bekyk die gerugte dat Barcleys sy belange in ABSA wil verkoop.