Dit is vanaand op die kassie:

16:00 Deur Dik en Dun (VIA): Dis week drie van die tien-week leefstyl-uitdaging. Die vier paartjies toon die eerste tekens van ’n gesonder leefstyl. ’n Boksklas is op die kaarte.

17:00 Days of our lives (SABC 3): Dié immergewilde sepie het al meer as 12,000 episodes uitgesaai sedert dit in 1965 begin het.

17:30 Jan Braai vir Erfenis (kykNET): Na vyf jaar van braai dwars deur Suid-Afrika en reg oor die wêreld het Jan Braai vir Erfenis sy honderdste episode beryk. Ons kyk terug na al die hoogetpunte oor die afgelope paar jare.

17:30 Kersie op die Koek (VIA): Warm ouerharte via suikersoet kinders. Opvreetbare seuns en dogters ontmoet in sjef Renoir Sardinha en Loandi Boersma se studio om ’n kreatiewe dankie-sê-koek as verrassing vir ma of pa te versier.

18:00 About a Boy (M-Net): Hierdie komedie is gebasseer op die gelyknamige boek. Will Freeman se lewe verander heeltemal toe 'n enkelma en haar 11-jarige seun langs hom intrek.

18:00 Zavion (VIA): Zavion se oefenprogram fokus op veld-items en hy is lang ure besig op die atletiekbaan. 'n Bederfsessie by die haarkapper gee vir hom 'n lekker ruskans, maar dis van korte duur, want daar is nog 'n troue wat blomme nodig het.

18:00 How I Met Your Mother (e.tv HD): In die skreeusnaakse komedie vertel die ouer Ted aan sy twee kinders presies hoe hy hulle ma ontmoet het.

18:00 Suidooster (kykNET): Mymoena begin agterdogtig raak oor hoekom Bianca haar so gretig help. Op kantoor probeer Tim weer vir Ian wys wat daar in hom steek. Bridgette vra vir Chris om haar vuilwerk te doen en Mrs J kry onverwags 'n verrassing.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Mymoena begin agterdogtig raak oor hoekom Bianca haar so gretig help. Op kantoor probeer Tim weer vir Ian wys wat daar in hom steek. Bridgette vra vir Chris om haar vuilwerk te doen en Mrs J kry onverwags 'n verrassing.

18:30 7de Laan (SABC2): Paula red Pulane van haarself. Kim trek by Oubaas en Hilda in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Naomi vra Ilse se raad en Pippa dink sy weet wat Rian se motiewe is. 'n Eerlike gesprek lei tot nog groter konsternasie, en twee reuse ding mee vir dieselfde kontrak.

19:30 Chicago Med (M-Net): Dié Chicago-fire-splinterreeks, wat in 'n hospitaal afspeel, deel karakters met Chicago PD sowel as Chicago Fire.

20:00 Edik van Nantes (kykNET): In Nantes is daar soveel uitstekende bakkerye en spesialiteitswinkels dat daar selde tuis gebak word. Nataniël en Erik gebruik 'n verskeidenheid tradisionele brode en koeke om nuwe geregte mee op te toor.

20:00 Homeland (M-Net Edge): In vanaand se episode begin Carrie jag te maak op Allison.

20:30 Bloedbroers (kykNET): Willem maak werk daarvan om die KPSA te infiltreer. Swak ekonomiese omstandighede forseer vir PG om nie die vrouetydskrif te loods nie. Bennie en Ina se verhouding kwyn soos Bennie se mag binne die Nasionale Party groei.

20:30 Minority Report (Fox): Meer as 10 jaar ná die ontbinding van die pre-misdaadeenheid, wat toekomstige misdadigers gevang het voor hulle misdade pleeg, probeer 'n eensame oudlid, wat die vermoë het om misdade te voorspel, 'n normale lewe lei.

21:00 The Good Wife (SABC3): 'n Familie- en regsdrama met die formidabele Julianna Margulies in die hoofrol.

21:30 Chicago PD (M-Net): In vanaand se episode soek Voight naarstelik na boef wat hy voorheen al tronk toe gestuur het.

22:00 Desperate Housewives (SABC3): Die dames van Wisteria Lane konkel onder mekaar met allerhande intriges wat volg.

22:00 Winslyn (kykNET): Divan Botha maak ingewikkelde plaaslike en internasionale ekonomie meer verstaanbaar.