Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:00 Skole Top 10 (kykNET): Ons kuier in Ruimsig by Maragon Privaatskool. Kom geniet saam Arni, die skool se gelukbringer, 'n lekker mengsel Suid-Afrikaanse musiek asook 'n geskiedenis staaltjie van oud-skolier en DA leier, Mmusi Maimane.

17:00 Familiefoto (VIA): Die Lamprechts word deur ons energieke mooimaakspan onder hande geneem en fotograaf Lisa Skinner leer die kykers hoe sy te werk gaan om hulle perfekte, kreatiewe portret op film vas te lê.

17:30 Skoonma-Se-Tong (VIA): ’n Man proe geblinddoek sy vrou en ma se kos – en moet dan sy gunsteling kies. Henk Stander, sy ma Yvonne en sy vrou Hester is in Amor Vittone se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Cardo en Wouter probeer Eben oorreed om nie Brou Broers te los nie. Die Retiefs is hoogs ontsteld omdat Marius sy aandele aan Liam wil verkoop. Stef verduidelik aan Vicky hoekom hy saam met Saskia geëet het.

18:30 7de Laan (SABC2): Het Vanessa hierdie keer te ver gegaan? Gita gaan gou spyt wees dat sy met Willem gemors het.

19:30 Binnelanders (kykNET): Bronwyn is nie seker of sy Steve se raad moet volg nie. Lexi kry vakansiewerk en At word onkant betrap deur Jana se liefdeslewe. Pippa probeer Rian ondersteun, en Daleen en Nina is terug in Pretoria.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en hou eksklusiewe onderhoude met bekendes.

19:30 Power Couple SA (M-Net): Paartjies ding mee in 'n reeks uitdagings in die trant van Fear Factor en Survivor. Die punt van die spel is om te kyk hoe goed die paartjies mekaar ken.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons maak 'n draai by die kykNET en Rapport-boekpryse, vlieg Durban toe saam met mnr. Suid-Afrika, Armand du Plessis, en sien wie wen groot by die Bokkies.

20:00 Turn: Washington's Spies (M-Net Edge): Jamie Bell (Billy Elliot) vertolk die hoofrol in hierdie geskiedkundige drama vol intrige en spioenasie wat tydens die Amerikaanse Vryheidsoorlog afspeel.

20:00 Ons Stories (kykNET & Kie): Nuwe én ervare storievertellers kry die kans om die pen op te neem, terwyl groentjies ook ingespan word vir die verfilming van elke storie.

20:30: Boer soek 'n vrou (kykNET): Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. Sy wys hom haar woon- en werkplek. Vir die eerste keer is sy tuis in haar omgewing en die boer soos 'n vis uit die water.

20:30 Death at a Funeral (e.tv): Chaos volg wanneer geraamtes uit die kas val by die begrafnis van 'n familie-patriarg.

21:00 Masters of Sex (M-Net Edge): Vanaand begin Masters met sy surrogaatprogram.

21:00 Girl Eat World (SABC3): Masterchef SA-wenner Kamini Pather besoek tien van die wêreld se beste stede opsoek na die beste kos.

21:30 The Night Shift (M-Net): Vanaand word die span na 'n reuse motorongeluk ontbiet.

21:30 Supernatural (SABC3): In hierdie fantasiereeks moet die broers Sam and Dean bonatuurlike wesens soos spoke en vampiere beveg.

22:00 kykNET Aktueel - Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en enrgieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale ontwikkelinge.