Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Hier gaan ons alweer! (kykNET): Petri de Wet en 6 gashengelaars pak hul bakkies vol soutwater hengeltoerusting en ry drie dae tot na die weskus van Afrika. Hier hengel die manne met kunsaas vir groot groen Elwe en Leervis.

17:30 Inspirasiekos met Sarie (via.): Pure plaaskos via Herman, die stadskok. Die talentvolle SARIE-kosredakteur, Herman Lensing, is op soek na ons beste bestanddele. Hy ontmoet die passievolle persoonlikhede agter die bestanddele – en kook dan ’n feesmaal!

18:00 The Goldbergs (M-Net): Leef jou weer in die 80’s in met hierdie wilde familie en leef saam met hulle die lewe se struikelblokke en hoogtepunte uit.

18:00 Suidooster (kykNET): Kom ontmoet die mense van Suidooster, 'n klein winkel- en sakesentrum in een van Kaapstad se voorstede waar drie gesinne saam werk en noodwendig in mekaar se lief en leed deel. Die Octobers, die Samsodiens en die Du Plooys.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Liam speel met Marius soos 'n kat met 'n muis, en stoot hom nog nader aan die afgrond. Vicky maak 'n voorstel wat Carina uitboul. Monique vertrek, maar nie voor sy 'n groter wig tussen Stef en Saskia ingedruk het nie.

18:30 7de Laan (SABC2): Xander maak 'n groot besluit oor die toekoms van die Hillside Times.Die pastoor lê besoek af by Kim en haar nuwe woonstelmaat.

18:30 The X Factor UK (M-Net): Die Verenigde Koninkryk se beste onontdekte talent word in hierdie talentkompetisie ontgun.

19:00 Helix (M-Net Edge): In hierdie gruwelreeks hou die uitbreek van 'n virus in die Arktiese streek 'n groot gevaar vir die mensdom in.

19:30 Binnelanders (kykNET): Tim wil graag vir Dennis ontmoet, Rian is meegevoer deur die nuwe projek, en Pippa terg Christiaan oor Mia. At vra Rossouw se hulp na 'n gesprek met Ivanka, en Jana stap in op 'n baie ongemaklike situasie.

19:30 Grey's Anatomy (M-net): Vanaand se episode word 'n langtermynpasiënt opgeneem wat meer stres op die dokters plaas.

20:00 Fiësta (kykNET): Leipoldtville verteenwoordig die heilsaamheid van die platteland. Eenkeer 'n jaar hou hulle behoorlike opskop tydens die Kuierfees. Fiësta en ons gas-aanbieder, Andries Vermeulen, kuier saam en verken die omgewing.

20:00 Dominion (M-Net Edge): In vanaand se episode kom Alex, Noma en Michael teen 'n struikelblok te stand in hul poging om by die huis te kom.

20:00 Those Who Can't (SABC3): In vanaand se episode is die personeel in mekaar se hare soos vakansiekoors hoog loop.

20:30 SuperRugby (KykNET): Kenners kyk na die jongste ontwikkelinge in die rugby-wêreld. Ateljeegaste neem ook deel aan besprekings en beantwoord kykers se inbelvrae.

21:20 The Walking Dead (FOX): Daryl, Sasha en Abraham sukkel vreeslik om terug by hul makkers in Alexandria te kom.

21:30 Madam Secretary (M-Net): In vanaand se episode verdwyn 'n Russiese duikboot in Amerikaanse waters.

22:00 kykNet Aktueel - Insig (kykNET): Die redakteur van Rapport, Waldimar Pelser, is aan die stuur van hierdie geselsprogram wat dikwels 'n politieke inslag het. Die program sluit aan by 'n trotse tradisie van Afrikaanse kritiese joernalistiek.

22:00 Chicago Fire (SABC 3): Volg die avonture van die brandweermanne van die Chicago brandweer deur hierdie intieme kykie na hul persoonlike sowel as professionele lewens.