17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish ontmoet die 20 deelnemers wat gaan meeding om die R1 miljoen.

18:30 Makietie (KykNET): Mynhardt takel Springbokkies en wys hoe om ou rugbyklere te gebruik vir dekor. Hy wys ook hoe om ’n ou skilderdoek van vooraf te maak. Tiaan maak drop-roomys, mayonnaise en slaai.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span gesels vanaand met Gauteng motoriste oor die e-tolstelsel. Hulle ontbloot ook die visvangregteproses en ontmoet ’n bergklimmer-hond.

19:30 Retired at 35 (e.tv): Deur ’n poging om sy ma uit sy liefdeslewe te hou, vertel David ’n leuen wat heeltemal buite sy beheer raak.

20:00 A Good Day to Die Hard (M-Net): John McClane reis na Rusland om sy seun, Jack, te help, maar kom daar agter sy seun is ’n geheime agent vir die CIA. Die pa en seun baklei dan saam teen die bose.

20:30 Ouma en Oupa (KykNET): Stanley en Debora hou nie baie van hulle seun, Seuna, se vrou nie en sukkel om haar naam te onthou. Debora raak ontsteld toe sy hoor wat Seuna en Sandra haar kleinkind wil noem.