Vanaand op die kassie

17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish meeding saam met 20 deelnemers vir die R1 miljoen.

18:00 Glam Guru (KykNET): Die Glam Guru is terug. Hannon  berei vir ma Jaqueline en haar dogter Shade voor vir Shade se troudag. Skakel in vir tonne modewenke wat spesiaal fokus op troues en spesiale geleenthede.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek verskeie kwessies wat verband hou met die munisipale watervoorraad in Suid-Afrika. Hulle het ook ’n eksklusiewe onderhoud met die komediant Ruby Wax.

20:05 Silver Linings Playbook (M-Net): Die onderwyser Pat Solitano trek terug na sy ouerhuis nadat hy sy tyd in ’n rehabilitasiesentrum voltooi het. Sy wêreld word meer omgekeer wanneer hy vir Tiffany ontmoet, ’n geheimsinnige meisie met probleme van haar eie.

21:00 Proesstraat (KykNET): Mortimer kry ’n vieslike elektrisiteitsrekening van die Tswane-munisipaliteit en besluit om oor te gaan tot protes aksie. Maar kan die superhelde oorwin teen die donker magte van die munisipaliteit?