17:00 Modern Family (M-Net): Mitch and Cam se groot dag is eindelik hier en niks of niemand kan die troue vir hulle bederf nie, tot iets kleins in iets groots verander en die troubeplanner vinnig op sy voete moet dink.

17:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.

18:00 Glam Guru (kykNET In die opwindende nuwe Glam Guru-reeks gaan kykers snak hul asem soos Hannon Bothma en sy span weer voorkomswonderwerke verrig.

18:30 DEKATv (kykNET): Die DEKATv-span ontdek versteekte skatte in die Kaap. Kom sit aan die tafel met ’n hemelse tema. Gerard kuier by Boland-wynkelder en hulle gesels ook met die kunstenaar Chris Diedericks.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Jam (kykNET): Bring jou gunsteling-instrument en jam saam. Die Jam-span sal jou al die musiekmedisyne gee wat nodig is om vir jou krag te gee vir die nuwe week!

20:00 World War Z (M-Net): Gerry Lane help die Verenigde Nasies die zombie-pandemie  oplos wat die hele wêreld bedreig.

20:00 Special Assignment (SABC3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en indiepte-nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

20:30 Revenge (SABC3): Emily wil wraak neem teenoor ’n makelaar wat haar pa in die rug gesteek het om homself te beskerm.

21:30 Pandjiewinkelstories (kykNET): ’n Ongeluk gebeur waar Herk en Gawie in hul jong dae in die padwerkerskamp staan: Gawie werk aan die roller en Herk peuter met die aansitter. Die wiel loop oor Gawie se been en hy moet met een been verder die lewe in.

21:30 Dallas (SABC3): JR besluit om terug Southfork toe te trek en dit irriteer Ann baie. Intussen probeer John Ross sy pa beïndruk.