17:00 The Middle (M-Net): Frankie raak jaloers toe Axl op Mike se oproepe en boodskappe reageer. Sue voel vryer wanneer haar broer nie naby is nie.

17:30 Modern Family (M-Net): Jay reël ’n uitstappie vir die Pritchett-gesin na Las Vegas met luukse hotelverblyf. Intussen probeer Claire haar dobbelskuld afbetaal.

18:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span gaan kuier by die aanbieder en aktrise Therese Benade in die Kaap. Sy het onlangs klaargemaak by Villa Rosa en is nou ’n Kwêla-aanbieder.  Die sanger Elizma Theron maak ook haar huis vir die Bravo!-span  oop, en wys ook hoe lyk haar baba.

18:30 Friends like these (SABC1): Vriendskappe word getoets waar twee spanne teen mekaar moet meeding om hul droomvakansie te wen.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Millennium Menace (SABC3): Sit terug, ontspan en laat Leon Schuster toe om jou lekker te laat lag!

20:00 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Barbara is besorg oor Buks wat niks anders doen as om energie-melkskommels te drink om spiere te bou nie.

20:30 Proesstraat (kykNET): Melt ken toevallig Desire se held en reël vir haar ’n verrassing waar sy hom in lewende lywe kan ontmoet.

21:00 Vallei van Sluiers (kykNET): Emma is terug in die Vallei ná haar tyd in Amerika en sy is weer haar sjarmante self. JP ly steeds. Sy was eers ’n moeilike swanger vrou; nou is Charmaine ’n onmoontlike nuwe ma. Beulah raak ál onmisbaarder by Monique se oord, nie dat almal dit waardeer nie.

21:30 Special Assignment (SABC3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en indiepte-nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

23:15 Under The Dome (M-Net): ’n Klein dorpie word skielik bedek deur ’n kragveld, wat die inwoners verhoed om kontak met die die res van die wêreld te hê.