17:00 Modern Family (M-Net): Jay, Gloria en Manny daag mekaar uit om ’n bietjie uit hul gemaksone te kom. Mitch en Cam verkoop van hul besittings omdat hul troue ál duurder raak.

17:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.

18:00 Glam Guru (kykNET): In die opwindende nuwe Glam Guru-reeks gaan kykers snak hul asem soos Hannon Bothma en sy span weer voorkomswonderwerke verrig.

18:30 DEKATv (kykNET): Die DEKATv-span kuier by Ollie Viljoen om oor kitare en snare te gesels. Aleit is omring deur rose en tulpe. Gerhard bespreek ’n aantreklike variëteit.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Common Law (SABC3): Twee polisiebeamptes wat mekaar nie kan verdra nie, word deur hul baas na ’n huweliksterapeut gestuur om hul verskille uit te werk.

19:30 Jam (kykNET): Bring jou gunsteling-instrument en jam saam. Die Jam-span sal jou al die musiekmedisyne gee wat nodig is om vir jou krag te gee vir die nuwe week!

20:00 Man of Steel (M-Net): ’n Jong man moet sy geheim ontbloot om die aarde te beskerm teen ’n bose militêre leier van Krypton wat die aarde wil oorneem.

20:00 Special Assignment (SABC3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en indiepte-nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

20:30 Revenge (SABC3): Emily wil wraak neem teenoor ’n makelaar wat haar pa in die rug gesteek het om homself te beskerm.

21:30 Pandjiewinkelstories (kykNET): Toffie se vrou haat rugby en toe Toffie in ’n kroeggeveg oor rugby seerkry, probeer sy hom van rugby speen.

21:30 Dallas (SABC3): Christopher en Elena bêre die strydbyl om saam aan ’n sake-ooreenkoms te werk.