17:30 About A Boy (M-Net): Will nooi Sam na ’n speletjiesaand by Andy en Laurie.

18:00 Bravo! (KykNET): Die Bravo!-span praat met twee legendariese Suid-Afrikaanse akteurs, Marius Weyers en Sandra Prinsloo, wat vanjaar ná jare weer saam op die verhoog verskyn. Dis SA Weddings se Bruid van die Jaar-kompetisie.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Modern Family (e.tv): Jay en Manny span saam om oortrekpapier vir ’n skoolfondsinsameling te verkoop. Claire teken ’n petisie om ’n stopteken by ’n kruising te sit om kwaai verkeer te voorkom.

20:00 Vir Beter of Baie Beter (KykNET): Barbie wil in die middel van die eksamen saam met Dewald gaan fliek. Barbara stem in, mits sy die fliekkaartjie huis toe bring as ’n bewys dat sy daar was.

21:00 Proesstraat (KykNET): Melt het in die tuisnywerheid op ’n sny melktert gegly, geval en sy kop hard gestamp. Hy ly nou aan tydelike geheueverlies en die pelle gaan hom probeer help onthou.

22:45 Game Of Thrones (M-Net): Tyrion moet in die troonkamer sy pa in die gesig staar. Stannis en Davos plaas hul vertroue in ’n nuwe strategie en Daenerys se invloedsfeer vergroot.