17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish meeding saam met 20 deelnemers vir die R1 miljoen.

18:00 Glam Guru (KykNET): Hannon wys hoe ’n nuwe voorkoms vir Desiree en Mabel die begin kan aankondig van ’n nuwe era. Mooiwees is inderdaad maklik met sy mooimaakwenke.

18:30 Makietie (KykNET): Tiaan maak die koek van die jaar, gee pizza ’n kinkel en trek toffieappels ’n nuwe baadjie aan. Mynhardt toor met ’n ou strandbal en maak ’n spoggerige kiekie-hoekie.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek die Waterkloof vier se lewe in die tronk na die skok video wat onthul is. Hulle probeer ook vasstel of die nuwe generasie ’n groot impak gaan hê op die volgende verkiesing.

19:30 Monk (SABC 3): Monk se vyand van sy kinderdae nader hom om sy vrou te agtervolg, want hy vermoed sy bedrieg hom.

20:05 Argo (M-Net): ’n CIA agent loods ’n gevaarlike operasie om ses Amerikaners in Teheran te red tydens die Amerikaanse gyselaar krisis in Iran in 1980.

21:00 Proesstraat (KykNET): Die wittebrood is nou verby, Melt en Pierre kom agter saambly is nie poniekoop nie. Maar hoe gemaak as jy nie kan bekostig om alleen te bly nie?