17:00 About A Boy (M-Net): Marcus vra Will se raad oor hoe om uitgenooi te word na Hannah se verjaardagpartytjie. Fiona ding mee met Hannah se ma, Joanne, omdat sy die koningin van die buurt is.

17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish ding mee saam met 20 deelnemers vir die R1 miljoen-prys.

18:00 Glam Guru (KykNET): Om suksesvol te wees moet Carol en Susan suksesvol lyk, want ’n afgewaterde voorkoms sal nie langer deug nie. Skakel in vir Hannon se maklike wenke vir ’n suksesvolle voorkoms.

18:30 Boerekos (KykNET): In Strandveld besoekdie Boerekos-span Kleinbaai, Franskraal en Baardskeerdersbos, kook “Oom-en-Tante”, ’n droëboontjie-en-stampmieliesop met beesskenkels, bak 20 dosyn Hertzoggies, eet allekrik, vissop en oondgebraaide lamsblad.  

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Retired at 35 (e.tv): Jared vra Amy om te trou. Dit breek Brandon se hart en hy wonder hoekom Jared so gretig is om die troue oor twee weke te hou.

21:00 Proesstraat (KykNET): Cindy doen aansoek om ’n pos as ’n deeltydse sommelier by ’n deftige restaurant en word aangestel; ongelukkig weet sy niks van wyn nie. Sy vra die pelle om haar wynkennis te verbreed.

21:55 Game Of Thrones (M-Net): Tyrion verwelkom ’n nuwe gas en Arya kuier weer saam met ’n ou vriend. Intussen probeer Jaime sy lewe verander ná sy tronkstraf.