• 17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish lei die spanne in die stryd om R1 miljoen te wen.
  • 18:00 Glam Guru (KykNET): Hannon berei Gerda en ma Ina voor op die goedvoel-ervaring van die jaar. Die Glam Guru sorg oudergewoonte vir die gepaste goedvoel-voorkoms wat die geleentheid sal komplementeer.
  • 18:30 Makietie (KykNET): Tiaan en Mynhardt wys hoe jy enige man gelukkig kan maak met vyf vinnige voorgeregte en ’n lekker dik gepeperde filet.
  • 19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span aktuele probleme en vraagstukke.
  • 19:30 Monk (SABC 3): Monk vat ’n ontwykende towenaar aan terwyl hy die oënskynlik perfekte moord probeer oplos.
  • 20:05 White House Down (M-Net): ’n Jong polisieman bring sy dogtertjie op ’n toer van die Withuis, min wetende hulle verkeer in gevaar. Kort voor lank moet hy die president en dogter beskerm teen swaargewapende mans.
  • 21:00 Proesstraat (KykNET): Wikus is seker wêreldroem wag en hy wil dit graag met sy pelle deel. Hy is mal daaroor om na sy vriende te kyk, hoekom dan nie die res van die land nie?