17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Terwyl die spanne aanpas by die uiterste weersomstandighede en ’n groot tekort aan kos het, word alliansies gevorm en vind verraaiings plaas.

18:30 Makietie (KykNET): Mynhardt deel sy braaisousresep en Tiaan maak ’n koeksister-parfait .

19:30 Retired at 35 (e.tv): David beplan 'n romantiese ete saam met Jessica terwyl Elaine se woonstel leeg is. Intussen blameer Alan sy seun toe hy vir Elaine met 'n gholfkarretjie getref het.

20:00 Mr. & Mrs. Smith (e.tv): ’n Verveelde egpaar is verbaas toe hulle uitvind dat beide sluipmoordenaars is wat gehuur is om mekaar dood te maak.

20:05 Pitch Perfect (M-Net): Beca, ’n eerstejaar van Barden Universiteit, sluit aan by die meisies sanggroep, Die Bellas. Maar hulle kort drasties hulp om die kampus-kompetisie te wen teen hulle manlike teenstanders.

20:30 Ouma en Oupa (KykNET): Debora raak bekommerd wanneer Dominee ’n afspraak maak vir ’n huisbesoek. Anna stel voor hulle gee vir Dominee spesiale tee. Stanley se weiering om hul rekening te betaal het rampspoedige gevolge.