17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish ding mee saam met 20 deelnemers vir die R1 miljoen.

18:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kuier by die ATKV-Mediaveertjies ,waar die beste Afrikaanse media vereer word, of dit nou tydskrifte, koerante, radio of TV is..

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Modern Family (e.tv): Phil en Luke wil leer koordloop, terwyl Claire Alex en Haley ’n paar lewenslesse probeer leer. Gloria raak kwaad vir Jay omdat hy hul hond te veel aandag gee.

20: 00 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Colin het probleme met sy selfbeeld en klop by Boetie om hulp aan. Maar Boetie het probleme van sy eie: Barbara wil ’n balletopvoering gaan kyk.

21:00 Proesstraat (kykNET): Cindy moet ’n liefdadigheidsveiling reël en dink haar vriende sal ’n redelike prys haal en so ’n paar rand insamel

22:45 Game Of Thrones (M-Net): Jon begin met ’n nuwe sending. Cersei en Tywin oorweeg die volgende skuif om die kroon te kry en Daenerys maak planne vir die toekoms.