17:00 The Middle (M-Net): Wanneer Axl terugkeer van die universiteit af vir die Desembervakansie, verkies hy eerder om tyd saam sy vriende te spandeer as saam met sy familie.

17:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars Gareth, Unathi en Randall die volgende Idol van Suid-Afrika soek.

18:00 Glam Guru (KykNET): In die opwindende nuwe Glam Guru reeks gaan kykers snak hulle asem van ongeloof as Hannon Bothma en sy span weer voorkomswonderwerke verrig.

18:30 DEKATv (KykNET): Gerard gesels met Madri Victor oor hoe om ’n boek uit te gee. Aleit besoek Okasie. Gerard kuier by wynmaker Gottfried Mocke. Anton Kannemeyer gee ’n blik op sy kuns.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Jam (KykNET): Bring jou gunsteling instrument en jam saam. Die Jam-span sal vir jou al die musiekmedisyne gee wat nodig is om vir jou krag te gee vir die nuwe week!

20:00 Captain Phillips (M-Net): Die fliek is gebaseer op die ware verhaal van ’n kaptein en sy bemanning wat deur seerowers van Somalië gekaap word.

20:00 Special assignment (SABC 3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en in diepte nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

20:30 Revenge (SABC 3): Emily wil wraak neem teenoor ’n makelaar wat haar pa in die rug gesteek het om homself te beskerm.

21:30 Pandjiewinkelstories (KykNET): Mosie is Archibald gedoop, maar gaan onder die naam Mosie. Die verhaal vertel hoe hy aan die naam kom in ’n onhoudbare situasie tussen vyf vroumense.

21:30 Dallas (SABC 3): Ann gaan vra om hulp by iemand van haar verlede en Christopher besluit dis tyd om vuil te speel.