17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish meeding saam met 20 deelnemers vir die R1 miljoen.

18:00 Glam Guru (KykNET): Danielle en Rentia stap elkeen ’n reuse uitdaging tegemoet.  Om hulle aan te spoor en slaggereed te maak vir dit wat wag, neem Hannon hulle onder hande en so kry elkeen ’n meer gepaste voorkoms.

18:30 Makietie (KykNET): Mynhardt wys hoe om vernielde koppies te herwin in die fraaiste koekstaanders. Daar word ook gerook met tee, gerol in tee en gegeur met tee. Tiaan trek vir ’n klomp ou gunstelinge nuwe baadjies aan.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek die Oscar Pistorius saak wat oor twee weke begin en praat ook met deskundiges oor die nuutste verwikkelinge rakende die saak.

19:30 Monk (SABC 3): Wanneer Monk gratis kaartjies kry vir ’n voetbalwedstryd is Leland by gretig om saam te gaan, maar Monk is egter meer geïnteresseerd in ’n raaisel buite die stadion nadat ’n voetbal aanhanger doodgemaak is.

20:05 Olympus Has Fallen (M-Net): ’n Voormalige presidensiële lyfwag Mike Banning bevind homself in ’n gevaarlike situasie wanneer hy binne die Withuis vasgevang is en deur terroriste aangeval word.

21:00 Proesstraat (KykNET): Melt kan die woonstel se huur nie op sy eie bekostig nie en hy doen onderhoude om die geskikte huismaat te vind om kostes te deel.