17:00 About A Boy (M-Net): Will en Andy se aand uit verloop nie presies soos wat hulle dit beplan het nie.

17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish ding mee saam met 20 deelnemers vir die R1 miljoen-prys.

18:00 Glam Guru (kykNET): Hannon wys Riana en Tersia dat enigiets moontlik kan wees die dag dat jy besluit dat jy dit moontlik kan maak.

18:30 Boerekos (kykNET): Die Boerekos-span kuier by mense wat boerekos ken en luister na wenke en wyshede, en oumense se sêgoed. Die gasvrou is die ervare skrywer, joernalis en koskenner Dine van Zyl.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Retired at 35 (e.tv): Amy maak uit met Jared en vermoed sy is dalk swanger, maar haar gesin kan nie meer wag vir bevestiging nie en is reeds opgewonde oor die nuwe toevoeging.

21:00 Proesstraat (kykNET): Die pelle besluit dis tyd vir selfverbetering en probeer hul fisieke en emosionele kwessies oplos. Die vraag is net: Waar begin ’n mens?

22:05 Game Of Thrones Special (M-Net): Deel 2: Gaan kyk ’n bietjie wat agter die skerms aangaan by die fantasiereeks Game Of Thrones. Verken die vorige twee seisoene en leer meer oor die karakters wat hierdie reeks suksesvol maak.