17:00 About A Boy (M-Net): Marcus slaap die eerste keer by een van sy vriende oor en Fiona soek iets om haar mee besig te hou. Toe sy hoor Will hou ’n poker-aand, moes sy dit net bywoon!

17:30 Survivor SA: Champions (M-Net): Die Suid-Afrikaanse sportlegendes Corné Krige en Mark Fish ding mee saam met 20 deelnemers vir die R1 miljoen.

18:00 Bravo! (KykNET): Die Bravo!-span praat met die gewilde en sexy Jay du Plessis oor ’n lewe in die kollig en as gesinsman. Die wenner van Holland’s Got Talent, Amira Willighagen, sing in ’n konsert by Nederburg en die span het gaan kyk.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Modern Family (e.tv): Mitch en Cam beplan om aan te kondig dat hulle nog ’n baba wil aanneem, maar besef dat Lily dalk nie nog ’n baba in die huis wil hê nie.

20: 00 Vir Beter of Baie Beter (KykNET): Boetie moet na ’n konferensie gaan. Barbara glo dit is net ’n verskoning om tydens werkure te drink; ongelukkig is bywoning verpligtend.

21:00 Proesstraat (KykNET): In Pierre van Heerden se afwesigheid is daar vir hom ’n pakkie afgelewer. Die pelle brand om te weet wat dit is en dink selfs maniere uit om dit skelm oop te maak.

22:45 Game Of Thrones (M-Net): Terwyl Jon vrywilligers verwelkom, soek Bran, Jojen, Meera en Hodor skuiling. Daenerys is op soek na geregtigheid en genade.