17:00 Modern Family (M-Net): Die chaos op Mitchell en Cameron se troudag gaan voort. Jay en Gloria probeer Merle en Barb se verhouding red. Luke en Manny tree op soos ’n ou getroude paartjie. Haley stort haar gevoelens uit teenoor Andy.

17:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se  die volgende Idol soek.

18:00 Glam Guru (KykNET): In die opwindende nuwe Glam Guru-reeks gaan kykers snak hul asem soos Hannon Bothma en sy span weer voorkomswonderwerke verrig.

18:30 DEKATv (KykNET): Gerard gesels met die skrywer Alta Cloete. Die DEKATv-span maak makietie met ’n Sophiatown-tema. Hulle besoek ook ’n wynplaas en kyk na die kunstenaar Hannalie Taute se rubber-kuns.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Jam (KykNET): Bring jou gunsteling-instrument en jam saam. Die Jam-span sal jou al die musiekmedisyne gee wat nodig is om vir jou krag te gee vir die nuwe week!

20:00 Despicable Me 2 (M-Net): Gru het die lewe van ’n superskurk verruil vir konfyt maak en ’n huislewe saam met die drie meisietjies wat hy aangeneem het.

20:00 Special Assignment (SABC 3): ’n Span joernaliste ondersoek probleme en indiepte-nuusstories wat Suid-Afrikaners tans in die gesig staar.

20:30 Revenge (SABC 3): Emily wil wraak neem op ’n makelaar wat haar pa in die rug gesteek het om homself te beskerm.

21:30 Pandjiewinkelstories (kykNET): Die streng juf. Gous van die kantoor het ’n geheime lewe wanneer sy die kantoordeur agter haar toemaak: Sy leef in ’n droomwêreld waar sy Blossom is. Maar met die kantoor se Kerspartytjie haal die werklikheid Blossom in.

21:30 Dallas (SABC3): John Ross pers ’n familielid af. Intussen sukkel Christopher om te kies tussen die twee vroue wat hy lief het en stort hy sy gevoelens uit teenoor Bobby.