17:00 2 Broke girls (M-Net): Max en Caroline word gedwing om die oorspronklike huurder van hul woonstel op te spoor toe hul huurkontrak verval. Hulle moet hom oortuig om dit weer te teken, anders sit hulle sonder heenkome.

17:30 About A Boy (M-Net): Marcus se pa kom kuier by hom, maar dit lyk nie of hy regtig daarin belangstel om tyd saam met sy seun deur te bring nie. Will kan hom nie bedwing nie en raak betrokke.

18:00 Bravo! (kykNET): Die Bravo!-span kyk watter skoolkinders blink uit in drama by die jaarlikse Nasionale Toneelspelkompetisie in die Kunstekaap. Hulle maak ook ’n draai by die gewilde Afrikaanse sanger Elizma Theron en haar baba.

18:30 Boerekos (kykNET): ’n Eg Bolandse lamskerrie kry ’n soetigheid soos appelkooskonfyt en gedroogde perskes by. Dine gesels ook oor skaapafval, brandewynpoeding en rolpoeding.

19:00 Carte Blanche (M-Net): Die Carte Blanche-span ondersoek en onthul weer noodsaaklike kwessies wat die wêreld en Suid-Afrika in die gesig staar.

19:30 Modern Family (e.tv): Cameron en Mitchell is in ’n tref-en-trap-ongeluk, en Gloria help Manny en Jay hul probleme oplos.

20: 00 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Buks sluit by ’n webtuiste aan wat toeoogafsprake vir tieners reël. Dis nie lank nie of hy ontvang ’n SMS wat ’n persoon identifiseer wat 98% van sy belangstellings deel.

21:00 Proesstraat (kykNET): Van Heerden gaan vir ’n oudisie as nuusleser op Dagbreek, kykNET se ontbytprogram. Hy is verskriklik senuweeagtig, maar met sulke pelle wat hom bystaan en afrig, is sy senuwees dalk nie naastenby erg genoeg nie.

22:45 Game Of Thrones (M-Net): Brienne volg ’n nuwe leidraad saam met Podrick. Tyrion vind ’n verrassende bondgenoot. Jon se waarskuwings oor die muur se swakhede word geïgnoreer.