16:30 Kokkedoor (kykNET): Die haan kondig teen dagbreek aan dat ’n epiese dag in Kokkedoorstoor gaan begin en later sal afsluit as ’n Karoo-sprokie in die maanlig. Geheime en opwinding hang in die lug. Wie gaan wen?

18:00 Pitch Perfect (M-Net): ’n Eerstejaarstudent sluit aan by ’n vrouesanggroep, The Bellas, wat ’n manlike sanggroep by ’n kampus-kompetisie moet aanvat.

18:00 Kwêla (kykNET): Die pianis Nina Schumann kuier op die bank, dan gaan kuier die Kwêla-span by een van Suid-Afrika se grootste ikone: Ina Paarman.

18:00 2014-Fifa-Wêreldbekersokkertoernooi (SABC1): Dis die kwarteindstryd by die Wêreldbekersokkertoernooi in Brasilië.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

19:30 Jungledyret 2 (SABC3): Hugo, ’n oerwouddier, word van sy huis af weggevat om ’n akteur te word.

19:30 Let’s Stay Together (e.tv): Charles en Stacy baklei oor waarheen hulle vir hul wittebrood moet gaan.

Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

21:00 Two and a half men (M-Net): Alan raak bevriend met Lindsey se kêrel, Larry, om uit te vind hoekom sy hom bo Alan verkies. Walden help Jenny haar droom as aktrise uitleef.

21:30 ATKV Mediaveertjies (kykNET): Die jaarlikse pryse vir uitstaande werk in die mediabedryf word toegeken.