16:30 Kokkedoor (kykNET): Op die geil groen grasperke en onder dreigende donderwolke wat reën vir die Karoo beloof, word die oorvloed en oes van seisoenvrugte gevier. Vrugte is die held; kwarteltjies kry ’n pikante vrugte-en rysvulsel. Die gassjef van die beroemde Babylonstoren bring gevorderde tegnieke kombuis toe en inspireer vrugte-skeppings wat die asem wegslaan en monde laat water.

17:00 The Croods (M-Net): Nadat ’n groep grotmense se grot vernietig is, moet hulle met die hulp van ’n vindingryke seun deur ’n onbekende wêreld trek.

18:00 Kwêla (kykNET): Die joernalis en wetenskapskrywer George Claassen kuier op die bank by Coenie. Francois Malherbe bring mense en sake-ondernemings bymekaar deur saam met hulle te gaan koffie drink en hulle dan aan mekaar voor te stel.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

21:00 Elementary (M-Net): Sherlock Holmes en sy betroubare handlanger, Joan Watson, ondersoek die New Yorkse polisiekantoor se ingewikkeldste sake.

20:45 Marvel’s Agents of S.H.I.E.L.D. (M-Net): Coulson se span gaan op ’n geheime sending teen HYDRA om hul ware planne en Grant se verbintenis met hulle te ontdek.