15:30 Republiek van Zoid Afrika (KykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

15:50 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars Gareth, Unathi en Randall die volgende Idol van Suid-Afrika soek.

18:00 Kwêla (KykNET): Neil Powell, die afrigter van die Suid-Afrikaanse sewes-span is op die bank. Die Kwêla-span gaan soek kos in die veld saam met die "snuffelkos"-kenner Loubie Rusch. Hulle praat ook met 'n ma wie se seun aan 'n vorm van dwergisme ly. Stephan Weltz wys ons 'n kunsuitstalling met selfportrette wat uit die vorige eeu dateer. En hulle kuier by Jennifer Nel, wat wonderwerke met versiersuiker verrig.

18:30 Mike & Molly (M-Net): Molly probeer ’n ekstra geldjie wen toe sy en haar vriendinne op ’n luukse boot gaan dobbel.

19:00 Wipeout (SABC 2):  Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.

19:00 Beauty And The Beast (M-Net): Gabe skors vir Cat en Tess. Intussen daag Heather onverwags op.

19:00 Strictly Come Dancing (SABC 3): Suid-Afrikaanse bekendes meeding teen mekaar deur saam met professionele dansers te dans.

19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

21:30 Singstories (KykNET): Ronéll Erasmus jubel met musiek. Haar meevoerende lofliedere roer harte en vul die gees van haar aanhangers met passie vir die Here.

22:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden en Alan gooi vir Marty ’n ram-partytjie  wanneer hy vir Evelyn vra om te trou.