16:30 Kokkedoor (kykNET): ’n Historiese banketmaal kry ’n nuwe manelpak en moderne pluiskeil. Kokkedoor klim in ’n tydmasjien en reis terug na Die Feeshuis. Die Kokkedore het net 5 uur om ’n feesmaal voor te sit.

17:00 Minute To Win It (SABC3): Apolo Ohno lei deelnemers deur ’n reeks eenvoudige speletjies waar hulle binne 60 sekondes gebruik maak van huishoudelike items. Die wenner kan met $1 miljoen wegstap.

18:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span gaan kyk na die fassinerende werk van twee wild-chirurge wat ’n groot impak maak om die stroping van renosters te help bestry. Burnise Silvius van die Suid-Afrikaanse Ballet- teater wys ons hoe lyk ’n dag in die lewe van ’n prima ballerina. En hulle gaan kuier by Kokkedoor se Le Roux van Vuuren by sy restaurant langs die Weskus.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

19:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook oor die hele wêreld. Hulle kyk na die nuutste modegiere, flieks en het eksklusiewe onderhoude met bekendes.

20:00 The X Factor USA (SABC2):  Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:30 Finding Home (SABC3): Toe ’n jong, ambisieuse vrou haar ouma se gastehuis op ’n afgeleë eiland erf, herdink sy haar lewe en waardes.

21:00 Two and a half men (M-Net): Walden hou partytjie saam met Jenny en haar sexy vriendinne. Alan en Lyndsey se verhouding is in gevaar.

21:30 Singstories (kykNET): Die klankbaan van Karen Zoid se lewe is luisterryk en sy deel dit met oorgawe: delikate anargie; kopskud-melodie.