15:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

15:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.

17:00 Grown Ups 2 (M-Net): ’n Man besluit om saam met sy gesin terug na sy tuisdorp te trek om meer tyd saam met sy ou vriende en familie deur te bring, maar die plaaslike inwoners het ander planne vir hom.

18:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-spanwys hoe ’n mini-hospitaal in ’n bus gebou word en kuier by een helfte van vanjaar se Kokkedoor-wenners op Clarens, Elsa Buys.

19:00 Wipeout (SABC2): Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 Jumper (e.tv): ’n Tiener met die vermoë om homself na enige plek in die wêreld te teleporteer, bevind homself in die middel van ’n antieke oorlog tussen met dieselfde supermag.

 20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

21:00 The Leftovers (M-Net): Tom en Christine tel teëspoed op toe hulle hospitaal toe moet jaag. Intussen kry Kevin onverwagse gaste by sy huis.

22:00 Two and a Half Men (M-Net): Walden stel homself  homself in gevaar en vra Rose om hulp.

21:30 Singstories (kykNET): Liefde, vriendskap en musiek maak met ander maak jou deel van iets. In Van Coke se geval is dit alles hardwerkend, altyd vreesloos en onmiskenbaar asemrowend.