16:30 Kokkedoor (kykNET): Dis weer daardie tyd van die jaar waar die Kokkedoor-span die beste kokke in Suid-Afrika soek, wat nie net met herinnering en nostalgie kan kook nie, maar ook ons diepste verlange en hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die 21ste eeu wil indra.

17:00 The Voice (M-Net): Usher, Shakira, Adam Levine en Blake Shelton is weer op soek na die persoon met die mooiste stem in Amerika.

18:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span praat met kenners oor die gevreesde siekte malaria. Hulle wys ook vir ons die Stellenbosch Libertaskoor, wat 25 jaar gelede gestig is om mense deur musiek te transformeer en te verenig.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:30 Suits (M-Net): Harvey en Mike stamp koppe met ’n hardkoppige prokureur. Intussen sukkel Scottie en Harvey om tot ’n vergelyk te kom. Mike en Rachel het verskillende idees oor die toekoms.

21:30 Betrayal (M-Net): Die twee gesinne word gedwing om hul verskille in die gesig te staar nadat Sara geskiet is.