16:30 Kokkedoor (kykNET): Die Kokkedoor-span die soek beste kokke in Suid-Afrika, wat nie net met herinnering en nostalgie kan kook nie, maar ook ons diepste verlange en hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die 21ste eeu wil indra.

17:00 The Voice (M-Net): Usher, Shakira, Adam Levine en Blake Shelton is weer op soek na die persoon met die mooiste stem in Amerika.

18:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span loer in by dr. Pierre Edwards, die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns se onderwys-medaljewenner. Eldridge Jason stap terug op sy gevaarlike spoor van dwelmmisbruik.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

21:00 Elementary (M-Net): Sherlock Holmes en sy betroubare handlanger, Joan Watson, ondersoek die New Yorkse polisiekantoor se ingewikkeldste sake.

23:00 Arrow (M-Net): Die biljoenêr Oliver Queen keer terug na Starling City nadat hy jare lank op ’n eiland gestrand was. Hy gee dan voor om Arrow te wees, ’n superheld wat veg vir die veiligheid van die stad.