15:30 Republiek van Zoid Afrika (kykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

15:30 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars, Gareth, Unathi en Randall, Suid-Afrika se volgende Idol soek.

18:00 Kwêla (kykNET): Lise Swart en haar verloofde, Louis Awerbuck, is op die bank om te praat oor hul RSG-program, Wie is Ek?, wat oor menslike gedrag en sielkundige toestande handel. Die Kwêla-span gaan kyk ook na die inspirerende werk wat Team Hope in die Vrystaat doen.

18:30 The Middle (M-Net): Axl soek die regte tyd om sy gesin te vertel hy druip drie van sy universiteitsvakke.

19:00 Beauty And The Beast (M-Net): Cat en Vincent bevind hulself in ’n moeilike situasie toe hulle Sam se nuutste slagoffer wil red. Intussen is Cat se gevoelens oorweldigend en sy sukkel om ’n besluit te maak.

19:00 Strictly Come Dancing (SABC3): Suid-Afrikaanse bekendes ding teen mekaar mee deur saam met beroepsdansers te dans.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

21:00 The Leftovers (M-Net): ’n Bose misdaad toets Laurie se vasberadenheid. Kevin wys ’n aanbod van die hand om ontslae te raak van die dorp se probleme.

22:00 Two and a half men (M-Net): Walden het ’n romantiese afspraak met ’n pragtige model en dit duur langer as wat hy gereken het. Intussen gaan Alan met ’n vrou uit wat te veel inligting oor haarself deel.

21:30 Singstories (kykNET): Ons vind troos in Lize Beekman se musikale soektog waar sy universele emosies en dieperliggende temas ondersoek.