16:30 Kokkedoor (kykNET): Dis weer daardie tyd van die jaar waar die Kokkedoor-span die beste kokke in Suid-Afrika soek, wat nie net met herinnering en nostalgie kan kook nie, maar ook ons diepste verlange en hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die 21ste eeu wil indra.

17:00 The Voice (M-Net): Usher, Shakira, Adam Levine en Blake Shelton is weer op soek na die persoon met die mooiste stem in Amerika.

18:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span is op die spoor van engele saam met Sannie Wiese. Hulle ontmoet ook Gerry Cilliers, ’n man wat messe maak. Hulle praat met Martjie Malan, die eienaar van Mpâtisserie. Steve Hofmeyr kuier op die bank.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:30 Suits (M-Net): ’n Vasberade prokureur vervolg een van Harvey se kliënte  en Mike moet ’n moeilike besluit maak oor sy vorige vennoot Charles van Dyke.

21:30 Betrayal (M-Net): Jack en Elaine sukkel om deur hierdie moeilike tyd saam met die kinders te kom. Sara en Drew kan hul ou gewoontes laat staan nie. Jack en Drew besluit m hul verskille opsy te skuif.