17:00 Justin Bieber: Never Say Never (M-Net): Die storie agter die jong sangsensasie Justin Bieber en ’n voorskou van sy Never Say Never konsert.

18:30 Wipeout (SABC2): Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.

19:00 Elementary (M-Net): Toe ’n pragtige jong meisie vermoor word, moet Holmes en Watson haar bande met ’n biljoenêr ondersoek.

19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen!

20:00 The X Factor USA (SABC 2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

21:00 Marvel’s Agents of S.H.I.E.L.D. (M-Net): Coulson en sy span word na Peru gestuur om ’n geheimsinnige saak te ondersoek en loop Camilla Reyes raak.

22:00 Die Mannheimsage (KykNET): In Johannesburg in 1886, waar geldgierigheid, oorwinning en passie hoogty gevier het, kon jy oornag ryk word of krepeer van ellende.