16:30 Kokkedoor (KykNET): Die Kokkedoor-span die soek beste kokke in Suid-Afrika, wat nie net met herinnering en nostalgie kan kook nie, maar ook ons diepste verlange en hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die 21ste eeu wil indra.

17:00 The Voice (M-Net): Usher, Shakira, Adam Levine en Blake Shelton is weer op soek na die persoon met die mooiste stem in Amerika.

18:00 Kwêla (KykNET): Die sielkundige en akademikus D.A.P. Louw praat met Coenie oor sy spesialisveld: forensiese sielkunde. Vind ook meer uit oor hoe jou stamboom lyk en waar jou voorgeslagte vandaan kom.

19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:30 Elementary (M-Net): Sherlock Holmes en sy betroubare handlanger, Joan Watson, ondersoek die New Yorkse polisiekantoor se ingewikkeldste sake.

22:30 Arrow (M-Net): Oliver moet veg om sy belofte na te kom om niemand anders se lewe te neem nadat Slade iemand naby aan hom ontvoer het nie. Intussen vra Thea Roy se hulp en Diggle veg teen ARGUS.