15:30 Republiek van Zoid Afrika (KykNET): Welkom in die REPUBLIEK VAN ZOID AFRIKA, waar President Karen gesels met haar land se gunsteling denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense.

15:50 Idols SA (M-Net): Kyk hoe die beoordelaars Gareth, Unathi en Randall die volgende Idol van Suid-Afrika soek.

18:00 Kwêla (KykNET): Roelof Schoeman is op die bank en praat oor sy eie weermagverhale en die Kwêla-span gaan  besoek die legendariese Stellenbosse instansie, Oom Samie se Winkel, en kuier by die eienaar, Annatjie Melck. Hulle gaan maak ook 'n draai by een van die grootste Belgiese sjokolade-fabrieke in die land: Beyers Chocolates.

18:30 The Middle (M-Net): Wanneer Axl terugkeer van die universiteit af vir die Desembervakansie, verkies hy eerder om tyd saam sy vriende te spandeer as saam met sy familie.

19:00 Wipeout (SABC 2):  Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.

19:00 Beauty And The Beast (M-Net): Kat en die groep probeer hulle bes om Vincent as onskuldig te bewys nadat hy in hegtenis geneem is op aanklag van moord.

19:00 Strictly Come Dancing (SABC 3): Suid-Afrikaanse bekendes meeding teen mekaar deur saam met professionele dansers te dans.

19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 Madagascar (e.tv): Vier diere ontsnap uit die New York Central Zoo met die hulp van vier pikkewyne en bevind hulself dan later in Madagaskar.

22:00 Two and a half men (M-Net): Alan gee vir Jenny raad oor verhoudings en Walden begin 'n nuwe projek saam met 'n voormalige werknemer.