16:30 Die Mannheimsage (KykNET): In Johannesburg in 1886, waar geldgierigheid, oorwinning en passie hoogty gevier het, kon jy oornag rykdom geniet of krepeer van ellende.

17:00 Snow White And The Huntsman (M-Net): ’n Sprokiesverhaal  met ’n paar onverwagse kinkels. ’n Jagter word deur die bose koningin forseer om vir Sneeuwitjie dood te maak, maar hy eindig dan op as Sneeuwitjie se beskermer en mentor, sodat hulle saam die bose koningin kan oorwin.

18:00 Kwêla (KykNET): Die Kwêla-span kuier saam met die akteur, regisseur en produksie spesialis Neil Sandilands, Suid-Afrikaanse tennisspeler Raven Klaasen en aktrise Magda van Biljon.

18:30 Wipeout (SABC 2):  Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.

19:05 Beauty And The Beast (M-Net): Cat en Vincent moet saamwerk wanner JT ontvoer word. Tori probeer inmeng wat tot dodelike gevolge lei. Intussen daag ’n vreemdeling van Dana se verlede onverwags op.

19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen!

Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:30 O’se Distrik Ses (KykNET): Distrik Ses het van die voortste sportmanne opgelewer. Ontmoet die sportmanne wat die distrik en land verlaat het om professionele sport te speel sonder die beperkings van apartheid en sportverbannings.

21:00 Marvel’s Agents Of S.H.I.E.L.D. (M-Net): Coulson en sy span moet ’n gevaarlike moordenaar vastrek wanneer onverwagse lyke begin opduik.