16:30 Kokkedoor (kykNET): Onthou jy nog die malvalekkertert, die driehoek-maaskaastert en Cremora-tert? En wie sou nou dink ’n tert hoort in ’n kunsgalery?

17:00 The Smurfs 2 (M-Net): Die Smurfs span kragte saam met hul menslike vriende om   Smurfette te red, wat deur Gargamel ontvoer is omdat sy ’n geheim van hom weet.

18:00 Kwêla (kykNET): Coenie praat met Jana du Plessis, verlede jaar se Finesse-inspirasievrou van die jaar. Die Kwêla-span gaan kuier ook eksklusief met Suid-Afrika se vroue-aflosspan van 1950 en 1951. Hulle het destyds die wêreldrekord in die 4 x 100-treë laat spat, en vir die eerste keer in jare kuier dié vier dames weer saam.

19:30 Toy Story 3 (SABC 3): Toe Andy gereedmaak om universiteit toe te gaan, raak Buzz, Woody en die ander bekommerd oor hul toekoms.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:45 Two and a half Men (M-Net): Jenny trek by Evelyn se huis in weens Walden se gevoelens. Alan raak Lyndsey se skelmpie.

21:00 Adele (SABC2): ’n Konsert met die liedjieskrywer en sanger Adele.

21:30 Singstories (kykNET): Joe Niemand se stem is soos ’n goue hoofweg deur die loopbaan van Suid-Afrika se mees geliefde uitvoerende kunstenaars. Die liedjiesmid se stories is kinematies op ’n soniese vlak.