15:30 Republiek van Zoid Afrika (KykNET): Welkom in die Republiek van Zoid Afrika, waar pres. Karen gesels met haar land se denkers, dromers, besluitnemers en ander merkwaardige mense. Afrikaners raak plesierig toe Riaan Cruywagen en die hoofsanger van Freshlyground op die kabinet van die RZA beland.

17:00 Step up 4: Revolution (M-Net): ’n Danser raak verlief op ’n jong man wat die leier is van die Flash mob-dansgroep. Toe ’n ontwikkelaar hul gemeenskap wil sloop om nuwe geboue te bou, besluit die twee om met hul danspassies daarteen protes te lewer.

18:00 Kwêla (kykNET): Coenie gesels vandeesweek met PG du Plessis. Hy praat oor sy kanker, die kortstondigheid van die lewe, vertel wonderlike staaltjies van sy dae saam met NP van Wyk Louw, en baie meer. Moet dit nie misloop nie!

19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

19:30 Let’s Stay Together (e.tv): Charles doen sake met ’n vriend wat meer belangstel in ’n verhouding met Delores.  

Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

22:00 Two and a half men (M-Net): ’n Hedonistiese skrywer se lewe word drasties omgekeer toe sy broer en dié se 10-jarige seun by hom intrek.

21:30 Singstories (KykNET): Luister na die liedere van liefde en leed. Min kunstenaars kan emosies opwek soos Anna Davel. Dit is ’n uiting van uitnemende musiek.