17:00 The Voice (M-Net): Usher, Shakira, Adam Levine en Blake Shelton is weer op soek na die persoon met die mooiste stem in Amerika.

18:00 Kwêla (kykNET): Die Kwêla-span kuier op Simonstad vir die 100ste herdenking van die Eerste Wêreldoorlog om die legendariese Deense hond, Just Nuisance, se nalatenskap te vier. Hulle gesels ook met Adii Pienaar, die stigter van WooThemes. WooThemes het hom ’n plek besorg op die Forbes-lys van Afrika se Top-30 Jong Entrepreneurs onder 30.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:00 Dr. Dolittle 2 (e.tv): ’n Groep wilde diere vra dr. Dolittle om ’n ontwikkelaar te stop sodat hulle nie die woud platslaan nie. Intussen trek ’n besonderse beer ook sy aandag.

20:30 Betrayal (M-Net): Jack se belydenis veroorsaak groot omstredenheid in die McAllister- en Karsten-gesin. Die waarheid oor Lou Mrozek se dood kom eindelik uit.