16:30 Kokkedoor (kykNET): Die Kokkedoor-span die soek beste kokke in Suid-Afrika, wat nie net met herinnering en nostalgie kan kook nie, maar ook ons diepste verlange en hartskos so kan aanbied dat ons dit met trots die 21ste eeu wil indra.

17:00 The Voice (M-Net): Usher, Shakira, Adam Levine en Blake Shelton is weer op soek na die persoon met die mooiste stem in Amerika.

18:00 Kwêla (kykNET): Dis stemdag en regt. Edwin Cameron en dr. Christi van der Westhuizen is op die bank om hul mening te deel oor die stand van sake in die land. Die historikus Lindi Koorts praat oor haar biografie.

19:30 Jukebox (kykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen! Hy kuier soos gewoonlik saam met kykers wat inbel, lees ’n paar e-posse en vind uit wat Jukebox-vriende op Facebook te sê het.

20:00 The Next Karate Kid (e.tv): Mnr. Miyagi is terug en hy neem weer ’n nuwe leerling onder sy vlerk: ’n moeilike tienermeisie.

20:00 The X Factor USA (SABC2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

20:30 Elementary (M-Net): Sherlock Holmes en sy betroubare handlanger, Joan Watson, ondersoek die New Yorkse polisiekantoor se ingewikkeldste sake.

22:30 Arrow (M-Net): Ná die dood van een van Oliver se geliefdes besluit hy om tou op te gooi en hom aan Slade te oorhandig.