• 16:30 Onthou (KykNET): Toe meer geesdriftiges in 2001 by Ellispark ’n Orlando Pirates/Kaizer Chiefs-sokkerwedstryd bywoon as wat daar kaartjies was, was die gevolge tragies: Altesaam 43 toeskouers het beswyk en duisende is beseer.
  • 17:00 The Voice (M-Net): Dis weer tyd vir die blinde oudisies. Usher, Shakira, Adam Levine en Blake Shelton is die afrigters van die sesde reeks van The Voice.
  • 18:30 Wipeout (SABC 2): Deelnemers ding mee om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.
  • 19:05 Beauty And The Beast (M-Net): Cat en Vincent werk saam om Gabe se vermiste kennisse op te spoor. Vincent sien hoe sy lewe vandag sou gewees het toe hy terug na die hospitaal gegaan het waar hy gewerk het voor die voorval.
  • 19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen!
  • 20:00 The X Factor USA (SABC 2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.
  • 20:00 White Chicks (e-tv): Twee FBI-agente doen hulle as vroue voor om die Wilson-susters te beskerm teen ’n ontvoeringsameswering.