16:00 2014 56th Annual Grammy Awards (M-Net): Dis weer daai tyd van die jaar waar Grammy-toekennings aan kunstenaars in die musiekbedryf gegee word. Vanjaar se top nominasies sluit kunstenaars in soos Jay-Z, Justin Timberlake en Kendrick Lamar.

18:30 Wipeout (SABC 2): Deelnemers ding mee teen mekaar om die grootste hindernisbaan ter wêreld te voltooi.

19:00 Beauty and the Beast (M-Net): Vincent onthul dat hy nog leef op ’n nasionale televisieprogram. Vincent en Cat word forseer om saam te werk aan ’n rooftog-saak.

19:30 Jukebox (KykNET): Onthou jou afspraak met Pieter Koen!

19:30 About a boy (SABC 3): Dit is die verhaal van ’n siniese, onvolwasse jongman wat geleer word hoe om soos ’n volwassene op te tree deur ’n jong seun.

20:00 The X Factor USA (SABC 2): Kyk hoe Simon Cowell, Demi Lovato, Kelly Rowland en Paulina Rubio saam nuwe talent ontdek.

21:30 ’n Spesiale aand met...(KykNET):  KykNET kuier bietjie saam met die alombekende sanger Heinz Winckler.