Dit is Woensdagaand op die kassie:

16:00 Jy Het 'n Wenresep!: Carmen Niehaus van Huisgenoot is op soek na Wenresepte! Drie deelnemers staan tou vir dié eer: Nina bied haar ma se soetpatats aan as ’n slaai, Kalinka maak hoenderpastei en Ivy sit snoekbobotie voor.

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Sediment (kykNET): 'n Besoek die wynvallei van Franschhoek. Met asemrowende natuurskoon, warm gasvryheid, Suid-Afrika se Gourmet Capital, goeie wyn, eiesoortige kunstenaars en 'n klein dorpie atmosfeer, wil jy nie hierdie een misloop nie.

18:00 Die Kliek (VIA): Manvang-manewales via die romantiese hofnar Schalk. Jou pasmaat is dalk net ’n klik weg. Die vroue is in beheer en die mans moet beïndruk. Komediant Schalk Bezuidenhout skerts terwyl hulle besluit of een van die ouens die klik werd is!

18:00 The Middle (M-Net): Dié komediereeks volg die wel en wieë van 'n gewone middelklasgesin. Daar is Frankie, haar man Mike en hul drie kinders: Axl, Sue en Brick.

18:00 Suidooster (kykNET): Tim se kanse by Nicole lyk sleg en Jerome maak 'n slim plan om vir Fasie leiding te gee tydens sy eerste afspraak met 'n dame. Bianca kanselleer haar ete-afspraak met Rhafiek en sy hele wêreld stort in duie as hy uitvind hoekom.

18:30 7de Laan (SABC2): Willem red Ty se lewe. Hilda beplan om haar tannie Dolores te sien.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Vicky probeer hond haaraf maak van die chaos wat Liam sy besigheid noem en Saskia laat Stef glo sy's aan sy kant. Kotie en Gerhard sit vas oor sy verjongingskure, en Fritz is raadop met sy vriende en geliefdes.

19:30 Modern Family (M-Net): Phil sorg vreeslik mooi vir sy eend-eiers. Claire maak reg om 'n voorlegging aan haar pa en sy vennote te maak.

19:30 Binnelanders (kykNET): Christiaan word aangespreek oor sy gedrag en Bart besef waar hy staan met At en Adler. Okkie is bekommerd oor Ivanka, en Lexi word vasgevang in 'n argument terwyl 'n konfrontasie in 'n gang 'n verpleegster hewig onstel.

20:00 Kwêla (kykNET): Ons kuier by Ans Botha, Wayde van Niekerk se afrigter en word geïnspireer deur die konfyte van Isa Basson. Fliekman Koos Roets is op die bank, en ons kyk hoe Japannese sakemanne Suid-Afrikaanse kinders leer lees.

20:00 Roer jou voete (SABC 3): In hierdie splinternuwe reeks vlug ’n jong dwelmslaaf na ’n klein dorpie om van sy verlede weg te kom. Ná sy pa se dood erf hy ’n ou dansstudio daar.

20:00 The Big Bang Theory (M-Net): Penny hoor Leonard weet baie meer van haar verlede as wat hy laat blyk.

20:10 Scream Queens (FOX): In hierdie komedie-gruwel maak 'n reeksmoordenaar amok op 'n universiteitskampus.

20:30 Blindspot (M-Net): 'n Vrou met tatoes word gevind en dit lyk of sy geheueverlies het.

20:30 The Affair (M-Net Edge): Allison moet haar verhouding met die Lockheart-broers herbesin.

21:00 Arrow (SABC 3): Oliver en Diggle oorreed Felicity om by die Arrow-span aan te sluit.

21:00 Buurtwag (kykNET): Beurtkrag ontwrig die hele buurt en veral die rugby wat almal by Don se huis gaan kyk. Die manne konfronteer uiteindelik vir Gert oor sy finansies. Clive spandeer kwaliteit tyd saam met die vroue.

21:30 Verslag (kykNET): ’n Oorsig van die dag se nuusgebeure.

21:50 Minority Report (FOX): Hierdie misdaadreeks volg op die gelyknamige rolprent van Steven Spielberg. 'n Tweeling en hul suster het die vermoë om misdade te sien voor dit gebeur.